previous arrow
next arrow
Slider
Afrikaans

Ontsnap en haal diep asem

© Malani Venter, Die Burger Dinsdag 7 Mei 2019
 

Die Langebergreeks blyk amper oor ’n stukkie grond op Swellendam te waak wat blyplek vir diegene bied wat die natuur en een van die oudste dorpe in Suid-Afrika in dié pragstreek wil verken. Malani Venter het by Gaikou Lodge gaan kuier.

 
Gaikou Lodge betrap jou onverhoeds. Die een oomblik ry jy deur die hoofstraat van Swellendam (wat volgens my een van die mooiste dorpies in die land is), en dan swenk jy links deur woonbuurte. Skielik koekeloer die Langebergreeks deur die miswolke en jy bevind jou by die ingangshek na dié oord wat “wit skitterende berge” beteken. Kees se kind verwelkom my en kollega Engela Kruger langs die ingangspad. Dié stoute boggers laat my altyd lag, al weet ek hulle is meeste van die tyd in staat tot meer kattekwaad as enigiets anders.
 
Dié stukkie aarde van 16 ha is amper onwerklik. Die groen grasperke en hange van die berge oorweldig ’n mens . . . op ’n goeie manier. Dié oord is in 2002 deur die Belgiese Verder-familie oorgeneem en gerestoureer. Dit word as ’n oase beskryf. Ek stem volkome saam. Die harwar van verkiesingspraatjies, stygende brandstofpryse en betogings laat ’n mens agter. Hier wil jy net asemhaal en verken!
 
Oorgenoeg plek vir almal – Die lodge het 12 eenhede vir oorslaap. Ontbyt word ingereken, maar as jy middag- of aandete ook hier wil geniet, moet jy vooraf met personeel reël. Hier is onder meer gesinsvillas wat elkeen twee en suite-slaapkamers en ’n sentrale leefgebied het. Elke villa het ook ’n privaat veranda en uitsig oor die uitgestrekte grasperke en pragtige berge. Die dubbel-luukse kamers het en suite-badkamers. Die lodge bied ’n kontinentale buffetontbyt met die opsie van ’n heerlike warm ontbyt.
 
Kom verken! – Die lodge het verskeie doendinge op die werf wat jy en die hele ge- sin saam kan geniet. Hier is onder meer ’n swembad met ’n onbelemmerde 180 ° berguitsig, ’n rivierwandelroete, twee visvangdamme, fietse om die terrein of die dorp te verken, verskeie bordspeletjies, ’n DVD-biblioteek en ’n enorme grasperk vir sokker of raakrugby. Jy kan ook jou gholfhoue op ’n mini-oefenbof hier oefen (gholfstokke is by ontvangs beskikbaar). Die oord is so geleë dat jy binne stapafstand is van restaurante, museums, snuffelwinkels en galerye.
 
Doendinge op die lodge se drumpel – Gaikou Lodge grens aan die Marloth-natuurreservaat. Vir natuurliefhebbers bied die reser- vaat ’n groot verskeidenheid fyn-bos en natuurlike woude om te verken. Die reservaat het meer as 25 erica-spesies wat in No- vember tydens blomtyd ’n fees vir die oog is. Vir stappers, drawwers en bergfietsryers is daar ’n groot keuse van stap-, draf- en berg- fietsroetes. Bergfietsryers het ’n keuse van ’n 9 km-roete (groen roete), 16 km-roete met ’n 320 m-klim (blou) en ’n meer teg- niese 28 km rooi roete vir meer ervare fietsryers. Digby die lodge is Two Fea- thers Horse Trails, wat perdryritte deur die reservaat aanbied. Roetes is vir beginners en ervare ruiters beskikbaar. Die Two Feathers-perde kom kuier gereeld by Gaikou Lodge.
Reservaat-permitte en perderit-besprekings kan vooraf met die Gaikou Lodge-personeel gereël word.